Die gedenkmuur by Nampopark het weer vanjaar besoekers tot stilstand gedwing, met name wat getuig van die omvang van geweld op plase regoor Suid-Afrika.
Vir almal is die gedagte dat iemand wat jy ken op so ’n muur kan verskyn, byna ondraaglik.
Intussen groei die lys steeds.
Van die nuutste name op die muur sluit dié van P.M. Molwedi (45) in, wat in 2025 in Heilbron vermoor is. Ook Erich Bruhns (56) van Bainsvlei is bygevoeg nadat hy in April 2025 doodgeskiet is. Sy pa, Gert (85), is tydens dieselfde voorval gewond en is ’n week later oorlede.
Die gedenkmuur is Maandagoggend amptelik tydens die Nampo-oesdag geopen. Laurie Naudé van die NG Kerk Meyerhof op Bothaville het die verrigtinge gelei en gesê die muur dien as ’n plek waar hulde gebring word aan dié wat hul lewens verloor het.
’n Kranslegging het ook deel gevorm van die seremonie.
Die Nampo-oesdag word vanjaar van 12 tot 15 Mei aangebied.