‘n Tweede passasierskip word deur ‘n virus geteister. Passasiers begin nou die Ambition-passasierskip in Frankryk verlaat nadat ’n norovirus-uitbreking aan boord bevestig is.
Die skip is tydelik in Bordeaux vasgehou nadat 49 mense siek geword het met maag- en dermklagtes.
Franse gesondheidsowerhede sê passasiers wat geen simptome het nie, mag nou van die skip afgaan. Intussen bly streng isolasie- en higiënemaatreëls van krag vir dié wat wel siek is.
Owerhede het ook beklemtoon dat hierdie uitbreking nie verband hou met ’n hantavirus-geval wat vroeër op ’n ander skip aangemeld is nie.
Die situasie word steeds dopgehou terwyl stappe gedoen word om verdere verspreiding te keer.