Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, beter bekend as die HAT, vier vandag Internasionale Woordeboekdag deur sy digitale platform tot Sondag gratis vir die publiek oop te stel.

Internasionale Woordeboekdag word jaarliks op 16 Oktober gevier en vestig die aandag op die belangrike rol wat woordeboeke speel om taal te bewaar, te ontwikkel en woordeskat uit te brei.

Die HAT is een van Afrikaans se bekendste naslaanbronne en word gebruik om onder meer die betekenis, spelling en gebruik van Afrikaanse woorde na te slaan.

Met die gratis toegang kry die publiek nou die geleentheid om die digitale HAT opnuut te ontdek en self deur die taal se woordeskat te blaai.

Die gratis toegang geld van vandag tot Sondag.