~ Deur Francois van Deventer
Vroeër die week is Donovan Marx in ‘n plaasaanval geskiet en sy ore is afgesny. Hy het nog goed daarvan afgekom want ander Afrikaners is met strykysters gebrand of met kookwater gemartel. Dan praat mens nie van die voorvalle waar vingers afgesny is met snoeiskêre nie.
Maar volgens News24 en liberale kommentatore is hierdie maar net doodgewone misdaad. So, asof die ongeveer 25,000 moorde wat elke jaar in SA plaasvind, normaal is. Hulle “vergeet” dat voor die rewolusie wat in die 1970’s begin het, was moorde in SA minder as 5,000 per jaar.
Dit is nie verbasend dat Ernst van Zyl twee dae na die insident kla oor die liberale hoofstroommedia wanneer hy skryf nie:
“Ongelooflik. Daar is steeds GEEN dekking van die verskriklike aanval op en marteling van Noordwes-boer Donovan Marx op News24, IOL, eNCA, SABC News, Daily Maverick, Mail&Guardian, die Sowetan, of City Press nie. Hierdie publikasies het egter talle artikels die afgelope paar maande gepubliseer wat organisasies en aktiviste teen plaasmoorde aanval en beswadder… Ons weet hoekom. Skokkende stories soos hierdie pas nie hulle “Oranje Gevaar!” of “Dis net normale misdaad”-narratiewe nie. Die media is medepligtig aan die toesmeerdery van plaasmoorde/aanvalle in Suid-Afrika.”
Dr Adi Schlebusch en Paul Maritz verbind Fanon met die EFF se sing van “K*ll the farmer, k*ll the Boer”. (https://www.litnet.co.za/fanonisme-as-n-vyand-van-vrede-n-ervare-antwoord-vanuit-die-teenrevolusionere-tradisie/). Die EFF gebruik Fanon se geskrifte as opleidingsmateriaal en ANC-leiers (o.a. Biko) het Fanon as ‘n held beskou.
Hierdie Frantz Fanon was ‘n radikale rewolusionêr wat die Algerynse Rewolusie aangeblaas het. Hy skryf in 1961 in sy boek “The Wretched of the Earth” in die hoofstuk oor geweld:
“The settler’s work is to make even dreams of liberty impossible for the native. The native’s work is to imagine all possible methods for destroying the settler”.
Ons moet dan nie verbaas wees as die EFF/ANC radikale rassistiese uitsprake teen Afrikaners maak nie. Die arme Liberales is naïef om te dink dat die EFF/ANC nie regtig bedoel wat hulle sê nie.
Die liberales wil die heeltyd enige vergelykings met genocide afmaak as belaglik. Indien mens egter Dr Stanton se tien stappe van genocide gebruik, dan sien mens dat dit nie onsinnig is nie. Dr Stanton het hierdie 10 stappe gedokumenteer om toekomstige genocides te stop nog voordat dit gebeur het (https://www.genocidewatch.com/tenstages).
Indien ons erkende genocides plot teen die tien Stanton-stappe en die huidige pogings teen Afrikaners, dan kan gesien word, dat daar goed gevorder is op die pad na Afrikaner genocide. Sien die tabel verderaan in die artikel. Ons moet hierdie tien stappe gebruik om te voorkom dat ons by die uitwissingsfase uitkom.
Dr Schlebusch en Paul Maritz verwys in hul artikel na die Kuyperiaanse anti-rewolusie sukses wat gevolg is in Nederland meer as ‘n honderd jaar gelede as antwoord op die rewolusionêre denke van die Franse Rewolusie. Dit sal Christen-Afrikaners loon om hierdie denke van Kuyper te bestudeer en verder uit te bou.
Hier is Stanton se tien fases geplot teen die bekendste genocides in die geskiedenis:

