Op 8 Mei 1996 is Suid-Afrika se sogenaamde demokratiese Grondwet aanvaar – ’n dokument wat destyds as ’n nuwe begin en regstelling van die verlede voorgehou is.
Die Grondwet, met sy uitgebreide Handves van Regte, is internasionaal geprys as progressief en inklusief. Dit is opgestel deur ’n Grondwetlike Vergadering waarin die belangrikste politieke rolspelers en bevrydingsbewegings van die tyd verteenwoordig was.
Die proses, wat tussen 1994 en 1996 plaasgevind het, het die ideale van nie-rassigheid, demokrasie en gelyke regte vir alle Suid-Afrikaners weerspieël – ten minste op papier.
Maar vir baie Afrikaners het die werklikheid anders ontvou, ’n ervaring waar gelykheid voor die reg dikwels nie as gelyk beleef word nie.
Dertig jaar later bly die vraag of dit werklik regverdig toegepas word – en vir wie dit uiteindelik werk.