Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in die Verenigde State, Roelf Meyer, het in Washington DC aangekom, waar hy na verwagting binnekort sy geloofsbriewe sal oorhandig.
Meyer neem die pos oor in ’n tyd van diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en die VSA, ná die skorsing van sy voorganger, Ebrahim Rasool, verlede jaar.
Sy aanstelling kom ook teen die agtergrond van Donald Trump se terugkeer na die Withuis, wat die verhouding tussen die twee lande verder onder druk geplaas het.
Meyer se taak sal wees om verhoudinge te herstel en stabiliteit te bring, veral op die gebied van handel en belegging.