’n Renoster langs die R63 in die Oos-Kaap het Donderdagoggend tot die tydelike sluiting van die pad tussen Graaff-Reinet en Pearston gelei.
Die pad is gesluit terwyl ’n veearts die renoster verdoof en behandel het. Die dier is daarna gelaai en vervoer.
Verkeersbeamptes was op die toneel om die verkeer te reguleer terwyl daar met die renoster gewerk is.
Unathi Binqose, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het gesê motoriste hoef nie alternatiewe roetes te gebruik nie, maar moes geduldig wees terwyl die pad gesluit was.
Terugspore/Pingbacks