Elon Musk het skerp kritiek gelewer op Suid-Afrika se telekommunikasiebeleid nadat sy satellietinternetmaatskappy, Starlink, steeds nie ’n lisensie in die land kon bekom nie.
Musk het op X beweer dat Starlink effektief toegelaat sou word om ’n lisensie te kry indien die maatskappy bereid is om omkoopgeld te betaal en voor te gee dat ’n swart persoon die plaaslike entiteit bestuur. Volgens hom is dit die werklike rede waarom Starlink nog nie in Suid-Afrika kan opereer nie.
Hy het verder aangevoer dat omdat hy wit is, en dat die maatskappy se uitsluiting verband hou met die land se swart ekonomiese bemagtigingswette. Musk is al lank ’n kritikus van dié beleid en meen dit plaas onnodige hindernisse in die pad van belegging en tegnologiese ontwikkeling.
Die maatskappy sê hy ondersteun Suid-Afrika se transformasiedoelwitte en stel voor dat dit bereik kan word deur sogenaamde Ekwivalente Beleggingsprogramme.