EFF-leier Julius Malema sê daar is geen beleid in sy party wat geweld teen boere ondersteun nie.
Hy het tydens ’n gesprek gesê bewerings dat die EFF boere wil vermoor, is nie waar nie en dat mense doelbewus vrees aanjaag.
Malema het ook beklemtoon dat hy self ’n boer is, en dat dit geen sin sou maak dat hy geweld teen boere sou aanmoedig nie.
Hy het verder verwys na die lied “Kill the Boer” en gesê dit moet nie letterlik opgeneem word nie. Volgens hom het die hof reeds beslis dat die lied wettig is binne ’n historiese en politieke konteks.
Hy het die “wit volksmoord” verwerp en gesê dit stem nie ooreen met die werklikheid nie.
Malema sê alle Suid-Afrikaners het ’n plek in die land en wit mense hoef nie te emigreer nie. Hy sê: “Hulle weet hulle is oukei hier. Die mense wat gegaan het, is op pad terug omdat daar bewys is dat dit ’n leuen is,”
Hy het ook gesê hy het die EFF se leierskap daarop gewys dat hulle nie genoeg doen om sogenaamde “progressiewe wit mense” deel van die party te maak nie.
“Dit wys dat ons niks teen wit mense het nie. Ons maak net ons stem dik oor die stelsel wat hulle bevoordeel het,” het hy gesê.
Hy het ook beklemtoon dat mense nie teen mekaar opgewerk moet word nie en dat almal in die land van mekaar afhanklik is.
Malema het bygevoeg dat daar sterker leiding en duideliker kommunikasie oor die land se toekoms nodig is, en dat hy reeds met president Cyril Ramaphosa daaroor gepraat het.
Klink maar soos verkiesingspraatjies, of hoe?