Bo-Karoo Opleiding (BKO) in Orania brei sy studenteverblyf verder uit met die bekendstelling van twee nuwe huise, Strijder Manskoshuis en Fleur Daghuis.
Met die toevoeging van Strijder en Fleur het BKO nou altesaam ses koshuise.
Die ses is Vaalbos, Duiker, Steenbok, Heldehuis, Fleur en Strijder.
BKO het die uitbreiding met trots aangekondig en sê dit vorm deel van die voortdurende uitbreiding van Orania se studente-aanbod.
Strijder word as ’n manskoshuis en Fleur as ’n daghuis bekend gestel.
Met dié jongste toevoegings brei Orania sy studente-pakket verder uit.