Afrikaans se eeufees – in Engels aangekondig. Die uitnodiging deur minister Gayton McKenzie is naamlik in Engels uitgereik, ten spyte daarvan dat die geleentheid Afrikaans as amptelike taal vier.
Die viering vind Sondag by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein plaas. Volgens die museum se direkteur, Tokkie Pretorius, is die geleentheid na Bloemfontein verskuif nadat die Taalmuseum in die Kaap dit verlede jaar nie kon aanbied nie, weens gure weer. Nou word dit sommer na ‘n ander perseel geskuif wat nie die konneksie met Afrikaans het nie.
Hoewel die uitnodiging in Engels was, sal die program self “volkome Afrikaans” wees. Dit sluit musiek, dans (heel moontlik nie volkspele nie!), voordragte en besprekings oor die taal se geskiedenis en ontwikkeling in.
Die digter Bibi Slippers sal ’n voorlesing lewer, terwyl dr. Francois Smith van die Universiteit van die Vrystaat ’n oorsig oor die historiese ontwikkeling van Afrikaans sal aanbied. ’n Paneel van skrywers en akademici sal ook deelneem aan gesprekke oor die taal se plek vandag.
Nou ja, as ‘n “Volksfees” ‘n volksvreemde sousie kry, is dit verseker nie meer ‘n Volksfees nie….