Donald Trump sê die beeld van homself wat tans wyd op sosiale media versprei en waarin hy as Jesus Christus uitgebeeld word, was bedoel om hom as ’n dokter voor te stel wat mense gesond maak.
Die beeld, wat op sy Truth Social-platform gedeel is, wys Trump – sonder ’n stralekrans – geklee in rooi en wit gewade. Hierdie kleure simboliseer bloedvergieting en Christus se opoffering vir die mensdom, asook reinheid. Hy word omring deur arende, vegvliegtuie en Amerikaanse dienslede, met die Vryheidsbeeld en die Amerikaanse vlag in die agtergrond.
Toe hy oor die beeld uitgevra is, het Trump gesê dit die “vals media” is wat die interpretasie gemaak het dat hy as Christus uitgebeeld word.
Hy het erken dat hy die beeld self gedeel het, maar volgehou dat dit hom as ’n dokter voorstel. Hy het wel later dit verwyder van sosiale media af.
“Ek het dit wel geplaas. Ek het dit gesien as ek wat ’n dokter uitbeeld – iets wat verband hou met die Rooi Kruis, as ’n Rooi Kruis-werker wat ons ondersteun,” het hy gesê.
Hy het verder bygevoeg dat dit net die “vals nuusmedia” is wat tot ander gevolgtrekkings kom.
“Ek het eers daarvan gehoor en gevra: ‘Hoe het hulle daarby uitgekom?’ Dit is veronderstel om my te wys as iemand wat mense beter maak,” het die Amerikaanse president gesê.
“Ek maak mense baie beter,” het hy bygevoeg.