Meer as ‘n jaar na verwoestende brande sukkel een van Gauteng se grootste akademiese hospitale steeds om sy deure ten volle oop te hou, terwyl duisende kwesbare pasiënte die prys betaal.
Op 19 April 2025 het ‘n brand die “Accident and Emergency Unit” van “Tembisa Tertiary Academic Hospital” ernstig beskadig. Kort daarna het ‘n tweede brand die “Outpatients Department” getref, met rookskade wat die oogkliniek en apteek bereik het.
Beide brande word deur die SAPS ondersoek as moontlike brandstigting. Geen finale gevolgtrekking is egter nog publiek gemaak nie ‘n stilte wat self vrae wek oor deursigtigheid.
Byna ‘n jaar later, in Mei 2026, word ambulanse steeds omgelei vir Preoriteite 1 en 2 gevalle. Slegs ma-en-kinderdienste funksioneer gedeeltelik. Volle herstel word eers teen Junie 2026 verwag teen ‘n beraamde koste van R14 miljoen. Die Gauteng Departement van Gesondheid se verduidelikings het min vertroosting gebied vir ‘n gemeenskap wat desperaat is vir antwoorde.
Wat die situasie verder skandalig maak, is die bewerings dat brandveiligheidstelsels nie gewerk het nie ondanks lopende kontrakte, waarvan sommige skakels het met maatskappye verbind aan Adjunk President Paul Mashatile se seuns.
Die SIU ondersoek intussen reeds R2 miljard se vermeende bedrog in hospitaalaankope, wat die betroubaarheid van die ANC-beheerde Gauteng Departement van Gesondheid ernstig bevraagteken.
Daardby kom 213 vakante personeelposte wat die druk op oorblywende werkers en naburige hospitale vergroot.
DA-LP Jack Bloom het die departement herhaaldelik gekritiseer vir traagheid, korrupsie en nalatigheid. Die patroon is tragies bekend: staatsinstellings wat verval terwyl politieke verbintenisse floreer en gewone Suid-Afrikaners ly.