Die publiek word genooi om te help om die wenner van ’n fotokompetisie te kies wat fokus op die vraag: “Wat beteken Majuba vir jou?” Vier foto’s is deur beoordelaars as finaliste gekies en nou kan die publiek hul gunsteling kies.
Die kompetisie vier die besondere betekenis van Majuba en gee deelnemers die geleentheid om die berg se skoonheid, geskiedenis en simboliek deur fotografie vas te vang.
Om te stem, kan deelnemers eenvoudig die foto kies wat volgens hulle die mooiste Majuba uitbeeld en ’n duimpie (👍) op die betrokke foto druk op die Facebook-plasing. Stemme kan ook op die webwerf uitgebring word.
Stemmery sluit Vrydag 13 Maart om 12:00, waarna die wenfoto aangekondig sal word.
Die vier finaliste kan hier besigtig word:
https://www.facebook.com/share/p/1B94W7avsh/
https://www.facebook.com/share/p/1B94W7avsh/
Besoek ook die webwerf om jou stem uit te bring:
www.majubaberg.co.za.
www.majubaberg.co.za.