Die BCVO Landswye Atletiekbyeenkoms 2026 het gister ’n ware fees van talent en deursettingsvermoë opgelewer toe verskeie rekords verbeter is. Jong atlete van regoor die land het hul beste gegee en gewys waarom hierdie byeenkoms elke jaar een van die hoogtepunte op die BCVO-sportkalender bly.
By die dogters is uitstekende prestasies gelewer:
-
o.12 Verspring: Mieke Visagie (Noord-Transvaal) – 1ste plek
-
o.11 1200 m: Melinke Murphy (Noord-Kaap) – 1ste plek
-
o.15 400 m: Annemi Venter (Noord-Kaap) – 1ste plek
-
o.16 100 m: Juané Jordaan (Noord-Transvaal) – 1ste plek
-
o.19 4 x 100 m aflos: Noord-Transvaal – 1ste plek
Ook by die seuns het rekords geval:
-
o.12 Verspring: Stefan Duvenhage (Noord-Kaap) – 1ste plek
-
o.13 1500 m: Johan Marais (Oos-Transvaal) – 1ste plek
-
o.16 1500 m: Migael Murphy (Noord-Kaap) – 1ste plek
-
o.19 1500 m: Dawid Roets (Oos-Transvaal) – 1ste plek
-
o.16 4 x 100 m aflos: Noord-Kaap – 1ste plek
Die gemengde aflosspanne het ook geskitter:
-
o.12 Gemengde aflos: Noord-Transvaal
-
o.16 Gemengde aflos: Noord-Kaap
Met soveel rekords wat reeds verbeter is, het die BCVO Landswye Atletiek 2026 ’n opwindende begin beleef. Almal hou nou asem op en wag in afwagting om te sien watter nuwe prestasies en moontlike rekords vandag nog op die baan en veld opgelewer gaan word. Jong atlete staan gereed om weer hul beste te gee en die dag beloof om nog meer opwindende oomblikke te bring.