Motoriste wat met petrol ry, kan vanaf Woensdag ‘n mate van verligting verwag nadat die Departement van Minerale en Petroleumbronne aangekondig het dat die petrolprys met 52 sent per liter daal. Diesel en paraffien word egter duurder.
Volgens die departement daal die prys van petrol met 52 sent per liter, terwyl diesel tussen R1,23 en R1,38 per liter duurder word, afhangend van die graad.
Die groothandelprys van paraffien styg met R1,52 per liter.
Die departement het ook aangekondig dat die balansheffing met 52 sent per liter verlaag is – van R1,14 tot sowat 61 sent per liter.
Die nuwe brandstofpryse tree Woensdag in werking.