Die Universiteit van die Vrystaat (UV) ondersoek tans ’n voorval waarin ’n dosent glo ’n opmerking gemaak het wat deur sommige studente as aanstootlik ervaar is. Tog is daar toenemende oproepe dat die saak met omsigtigheid en billikheid hanteer moet word, veral voordat alle feite bekend is.
Die insident het Woensdag tydens ’n Inleiding tot besigheidsfunksies-klas plaasgevind. Volgens berigte het ’n student die dosent gevra om harder te praat aangesien daar geraas in die lokaal was. Die dosent het toe na bewering gereageer deur die groep studente as “ape” te beskryf.
Verskeie studente het aangedui dat hulle ongemaklik gevoel het en die lokaal verlaat het. Die voorval is kort daarna by die studenteraad aangemeld.
Die voorsitter van die UV se studenteraad, Ogorogile Moleme, het bevestig dat studente die insident later dieselfde dag by hom aangemeldhet. Intussen het die universiteit gesê dat ’n formele ondersoek aan die gang is en dat geen vorm van rassisme geduld sal word nie.
Tog waarsku sommige dat daar nie te vinnig tot gevolgtrekkings gespring moet word nie. In ’n akademiese omgewing, waar dosente daagliks onder druk werk en met uiteenlopende studente omgaan, kan woorde soms in ’n gespanne oomblik verkeerd oorkom of buite konteks geïnterpreteer word.
Die naam van die dosent is nie bekend gemaak nie