AfriForum het sy steun aan Bafana Bafana uitgespreek voor Suid-Afrika se deelname aan die 2026 FIFA Wêreldbekertoernooi.
Volgens die burgerregteorganisasie is die span se kwalifisering vir die wêreld se grootste sokkertoernooi reeds ’n prestasie op sigself en iets waarop Suid-Afrikaners trots kan wees.
AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het kaptein Ronwen Williams en sy span alle sterkte toegewens vir die toernooi wat voorlê.
Kriel sê hy het vertroue in die span se vermoë en glo Bafana beskik oor die talent om hul merk op die internasionale verhoog te maak.
“Ons wens Ronwen Williams en sy span alle sterkte toe. Hulle het reeds bewys dat hulle op die hoogste vlak kan meeding en ons glo hulle kan Suid-Afrika trots maak,” het Kriel gesê.
AfriForum sê ondersteuners regoor die land staan bankvas agter die span en hoop op ’n suksesvolle veldtog.