Die klanke van Afrikaanse kultuurerfenis gaan op 22 Junie oor die Voortrekkermonument weerklink wanneer sowat 700 leerders van Laerskool Constantiapark saam 50 bekende FAK-liedjies opvoer.
Die projek is die resultaat van byna ’n jaar se voorbereiding, waartydens die leerders die liedere ingestudeer het. Op die dag sal die kinders die hele trapgedeelte voor die Voortrekkermonument vul, vanaf die monument tot by die assegaaihekke. Hul onderwysers sal tussen die groepe staan om die massakoor te begelei.
Ouers en besoekers sal die uitvoering vanaf die markplein voor die monument kan geniet, waar daar ruimte sal wees vir kampstoele en piekniekatmosfeer.
Die geleentheid word as besonder betekenisvol beskou, veral omdat dit plaasvind in die aanloop tot die bekendstelling van die volgende uitgawe van die FAK-Sangbundel wat in 2029 verskyn.
Organiseerders nooi die publiek uit om deel te wees van die viering van Afrikaanse musiek, kultuur en gemeenskap.
Besonderhede van die geleentheid:
📅 Datum: Maandag 22 Junie
🕒 Tyd: 15:00 tot 19:30
📍 Plek: Markplein voor die Voortrekkermonument
🕒 Tyd: 15:00 tot 19:30
📍 Plek: Markplein voor die Voortrekkermonument
Belangstellendes word versoek om teen Vrydag 19 Junie hul bywoning te bevestig deur ’n e-pos te stuur na dupreez@kultuurtuiste.org.za.