Tuks het Maandagaand gewys hoekom hulle die maatstaf in universiteitsrugby is toe hulle die Eagles met 31-3 in die Varsitybeker-eindstryd op hul tuisveld in Pretoria afgeransel het.
Die tuisspan het vroeg die pas aangegee en met rustyd reeds ’n stewige 10-3 voorsprong gehad. Die Eagles se enigste punte van die aand was ’n strafskop deur MJ Mostert in die eerste helfte – daarna was dit grootliks eenrigtingverkeer.
In die tweede helfte het Tuks die druk verhoog en drie keer agter die doellyn gaan kuier. Met Divan du Toit se betroubare skopwerk, wat nege punte opgelewer het, het die gaping net al groter geword.