FRANKRYK – Franse owerhede het toeskouers verbied om die derde skof van die Tour de France langs dele van die roete by te woon nadat ‘n groot bosbrand naby die eindpunt uitgebreek het.
Die brand woed sowat 60 kilometer van die eindpunt af en versprei steeds.
Die derde skof van die wêreldbekende fietswedren vind vandag plaas, maar slegs ryers, noodsaaklike voertuie en personeel wat die wedren moontlik maak, sal toegang tot die betrokke deel van die roete hê.
Organiseerders het ook die wedren se publisiteitskaravaan vir dié skof gekanselleer weens die brandgevaar.
Die bosbrand volg op ‘n tydperk van buitengewone hoë temperature wat Frankryk en ander dele van Europa hierdie somer geteister het. Die uiterste hitte en droë toestande het die risiko van veld- en bosbrande aansienlik verhoog.