Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het nege konsep-omsendbriewe gepubliseer waarin veranderinge aan die land se oorgrens-valutareëls voorgestel word. Die dokumente is nou oop vir openbare kommentaar.
Die aankondiging is deur die Nasionale Tesourie in die jongste Begrotingsoorsig gemaak.
Een van die belangrikste voorstelle is dat die sogenaamde enkel diskresionêre toelae – die bedrag wat individue jaarliks oorsee kan oorplaas – van een miljoen rand na twee miljoen rand verhoog kan word.
Daar word ook voorgestel dat die reislimiet vir minderjariges onder 18 jaar van 200-duisend rand na 400-duisend rand per jaar verhoog word.
Nog ’n verandering behels die kontantbedrag wat ’n persoon oor ’n grens mag neem. Die limiet kan volgens die voorstel van 25-duisend rand tot 100-duisend rand verhoog word.
Die voorgestelde aanpassings vorm deel van ’n breër hersiening van Suid-Afrika se valutabeheermaatreëls.
Belanghebbendes en lede van die publiek het tot 17 Maart tyd om kommentaar oor die konsepvoorstelle in te dien.
Boer24.com bring jou die nuus in Afrikaans!