Die landbou-organisasie Saai het ernstige kommer uitgespreek oor minister John Steenhuisen se hantering van Suid-Afrika se bek-en-klouseer-uitbreking.
Volgens Saai bied die minister se aankondiging geen duidelike oplossings vir boere in ’n oorlewingskrisis nie en laat dit meer vrae as antwoorde ontstaan.
Al word entstowwe uit Brasilië en Turkye verwelkom, dring Saai aan op onmiddellike uitbreiding van plaaslike produksie en privaatsektorbetrokkenheid.
Die uitvoerende direkteur van Saai, doktor Theo de Jager, sê boere se vermoë om hul eie vee te ent en rekords te hou moet erken word, en ’n duidelike plan vir finansiële bystand aan geaffekteerde boere is noodsaaklik.