Newlands-krieketveld kan binnekort ’n naamsverandering ondergaan, aangesien die borg se naamregte vir hernuwing beskikbaar raak.
Die huidige ooreenkoms is met World Sports Betting, en daarom staan die wêreldbekende stadion tans bekend as World Sports Betting Newlands Cricket Ground.
Van Zyl sê hulle het saam met ’n internasionale vennoot ’n waardasie gedoen en het ’n bedrag in gedagte, maar hy kan dit nie bekend maak nie.
“Ons het nog altyd gevoel dat Newlands, vanweë sy ikoniese status, ’n bepaalde waarde het. Hierdie proses het vir ons ’n werklike waarde gegee, gebaseer op wetenskaplike navorsing deur maatskappye soos Futures. Dit het bevestig dat die waarde wat ons aan Newlands heg, inderdaad korrek is.”
Van Zyl sê daar lê ’n opwindende seisoen voor, en dat die Protea-vrouespan ook ’n eendagwedstryd teen Indië op Newlands gaan speel.
“Dit dra by tot die inhoud van die seisoen. Ons het nie ’n goeie seisoen gehad nie; die wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande is gekanselleer. Maar volgende seisoen gaan ’n groot een wees, en daarna volg die Wêreldbeker.”