Die Suzuki Griekwas en die Airlink Pumas gaan vir ’n derde agtereenvolgende seisoen in die SA Beker-finaal teen mekaar te staan kom, nadat albei spanne hul halfeindstryd gewen het.
Die verdedigende kampioene, die Pumas, het die Toyota Cheetahs met 42-36 geklop in ’n spannende wedstryd in Nelspruit.
Griekwas het hul plek in die finaal verseker met ’n indrukwekkende 59-35 oorwinning oor die Boland Kavaliers in Kimberley. Die tuisspan moes egter eers van ’n vroeë agterstand herstel voordat hulle beheer van die wedstryd oorgeneem het.
Die finaal vind volgende Saterdag by die Suzuki-stadion in Kimberley plaas, waar Griekwas tuisvoordeel sal hê teen die verdedigende kampioene.