Deur Francois Van Deventer

Pale word geverf, strate word geteer, slaggate word skielik reggemaak. Duidelik is daar weer ‘n verkiesing in aantog… en die politici moet wys dat hulle iets gedoen het. Hulle moet die kiesers oortuig om weer vir hulle te stem.

Die stemgeregtigdes is egter moeg vir leë beloftes. Wanneer slegs 46% van stemgeregtigdes na die stembus stroom, is die boodskap duidelik: baie kiesers voel dit maak nie meer saak vir watter party jy stem nie. Aan die een kant is daar die neo-Marxiste wat grondonteiening, staatsbeheerde onderwys en staatsondernemings voorstaan. Aan die ander kant is die opposisie wat beweer hulle staan grondonteiening teë en veg vir ouerbeheer in die onderwys. Sodra hulle egter deel word van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE), voel dit vir baie kiesers of daardie beginsels by die venster uitwaai. Beide die neo-Marxistiese en die sekulêre opposisie ondersteun kwessies soos aborsie, Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en LGBTQ+-regte.

As Bybelgelowige Christen Afrikaner voel jy soos ‘n vreemdeling wat niks in gemeen het met die res van Suid-Afrika nie. Nie net word daar teen jou gediskrimineer (SEB) nie, daar word ook nog wette deurgevoer wat lynreg teen jou grein ingaan. Babas word teen 100,000 per jaar geaborteer[2]. Ouers mag nie hulle eie kinders in lyn met die skrif opvoed nie, want pakslae is taboe en ouerinspraak by skole is weg ge-BELA.

Hierdie verskynsel is egter nie tot SA beperk nie. Die hele Weste word hierdeur geteister. Verlede jaar het die VSA vise-president JD Vance die EU besoek en ‘n toespraak[3] gelewer waarin hy die EU-elite gewaarsku het dat EU waardes nie die waardes is wat die VSA voorstaan nie. Dit het ‘n geskarrel onder die EU ministers veroorsaak en sommige van hulle het selfs in trane uitgebars.

Hoewel die huidige VSA-administrasie nie noodwendig ’n suiwer Bybelse wêreldbeskouing verteenwoordig nie, sien hulle wel die gevare van die ideologiese koers wat die EU inslaan. JD Vance het verwys na die vervolging van Christene wat dit durf waag het om binne 150m vanaf ‘n aborsiekliniek gebede te doen. Dan is daar die geval van die Finse voormalige Binnelandse Sake Minister, Päivi Räsänen wat vervolg is onder die “War Crimes and Crimes Against Humanity” [4] omdat sy ‘n pamflet geskryf het om die Bybelse verwerping van Homoseksualisme op grond van Romein 1 te verduidelik en te verdedig. In die EU is daar nou etlike lande wat anti-conversion terapie wette waar dit o.a. verbied dat Christene met ‘n Woke persoon mag praat om hulle te oortuig om ‘n ware gelowige te word. Jy kan tot twee jaar se tronkstraf kry.

As jy gewonder het of die Woke-ondersteuners nou net so onverdraagsaam raak as wat die Talliban is, dan is dit maklik om voorbeelde te noem om hul onverdraagsaamheid te bevestig. Die vermoor van Charlie Kirk (deur Transgender), die massamoord by ‘n Christen-skool in die VSA (deur Transgender) en die anti-Christelike wetgewing in Europa bewys dit. Dit is egter nie iets wat oornag gebeur het nie. Reeds in die 1970s het Prof Charlie Rice gewaarsku dat die Humaniste oppad daarheen is dat “unless we Christians start turning the thing around, [Humanist] will be defining certain groups of people as non-persons. So that it will not be murder to kill us.” [6]

Die Suid-Afrika opposisie is op dieselfde golflengte as die Woke EU. Die DA minister van Onderwys het haar eie wetgewing ingehandig om ‘n pleidooi te lewer vir die anti-conversion terapie wette in SA[7].

Die DA volg in die voetspore van Woke Europeërs deur ook reënboogstrepe in Kaapstad se strate te verf. In 2022 het die DA burgersmeester van Kaapstad met trots hierdie Woke-reënboogstrepe onthul [8].

Genadiglik is die Humaniste (of dit nou die Woke weergawe is en of dit die Maxistiese weergawe is) se wêreld besig om vinnig in duie te stort. Dr Frans Cronje sê nou openlik dat Suid-Afrika in verskillende outonome gebiede gaan uitmekaar val. Dus soortgelyk aan die ontbinding van die Sowjet Unie.

Christen Afrikaners moet die geleenthede wat hom gaan voordoen aangryp en ‘n alternatief daar stel. Natuurlik as daar nie deurgrondige bekering terug na die Skrif plaasvind nie, sal enige bouwerk nutteloos wees (Ps 127)

Bronne:
[1] https://iol.co.za/pretoria-news/news/2022-09-05-cyril-ramaphosa-receives-backlash-for-tarring-of-pothole-on-dusty-road-in-mpumalanga/
[2] https://www.johnstonsarchive.net/policy/abortion/ab-southafrica.html
[3] https://youtu.be/IvheASRITtY?si=5VSX-fB0vBGPGO-T
[4] https://www.hudson.org/religious-freedom/why-finlands-conviction-paivi-rasanen-reverberates-beyond-europe-paul-marshall
[5] https://youtu.be/UaHiEktq9NA
[6] https://pocketcollege.com/?lecture=RR145D7
[7] https://www.da.org.za/2021/06/da-to-submit-private-members-bill-to-prohibit-lgbtqia-conversion-therapy-for-children
[8] https://businessreport.co.za/capeargus/news/2022-10-19-city-of-cape-town-unveils-rainbow-pedestrian-crossing-a-first-for-the-city/

[9] HG Stoker se Stryd om die Ordes wys mooi die onderskeid uit tussen die Humanistiese en Bybelse Ordes – Woke is ‘n poging om Marxisme met Liberalisme te verenig deur van Intersectionality gebruik te maak: https://cjbf.co.za/boeke/strydordes.pdf