’n Sestienjarige Suid-Afrikaanse atleet, Joshua Gerber, het ’n nuwe wêreldrekord in die diskus vir sy ouderdomsgroep opgestel.
Die Hoërskool Menlopark-leerder het die rekord tydens die ACNW-ligabyeenkoms in Potchefstroom behaal toe hy die 1,75 kilogram diskus ’n indrukwekkende 60,78 meter ver gegooi het.
Die prestasie oortref die vorige wêreldrekord van 59,92 meter wat in 2019 deur Jamaika se Ralford Mullings opgestel is.
Gerber, wat in die o.20-kategorie meeding ondanks die feit dat hy slegs 16 jaar oud is, het nou reeds sy tweede wêreldrekord opgestel.
Sy jongste prestasie verseker ook sy kwalifikasie vir die o.20-Wêreldkampioenskappe wat in Eugene, in die Verenigde State, gehou sal word.
Boer24.com bring jou die nuus in Afrikaans!
Sterk Boerseun!