Die Israeliese weermag het bevestig dat ’n foto wat op sosiale media versprei word, eg is en wys hoe een van sy soldate ’n standbeeld van Jesus Christus in suid-Libanon beskadig.
Volgens die beeldmateriaal gebruik die soldaat ’n hamer om die kop van ’n beeld van die gekruisigde Christus, wat reeds van ’n kruis afgeval het, af te slaan.
Die voorval het plaasgevind in Debl, ’n Christelike dorpie in suid-Libanon, naby die grens met Israel.
Die weermag het die optrede ten sterkste veroordeel en gesê die saak word met die grootste erns hanteer. Volgens hulle strook die soldaat se gedrag glad nie met die standaarde en waardes wat van lede van die weermag verwag word nie.